SlimSun se harte klop warm vir Jo Dolphin

SlimSun se harte klop warm vir Jo Dolphin

By die Jo Dolphin-sentrum vir persone met gestremdhede op Malmesbury is daar talle uitdagings.
Maar, net soos die uitdagings, is daar ook talle hoogtepunte.
So ‘n hoogtepunt was die skenking wat die sentrum onlangs van SlimSun Solar Park ontvang het.
Hulle het ‘n skenking van ongeveer R15 000 aan die sentrum gemaak en ook tyd saam met die lede van Jo Dolphin spandeer.
Hierdie sentrum beywer hom vir die versorging en bemagtiging van persone met gebrekke.
Hulle sien om na leerders wat aan seldsame sindrome, soos Rhett- en Angelman-sindroom, ly.
“Hierdie is uiters seldsaam en dit is soms geweldig moeilik om na die pragtige kinders te kyk en te besef waardeur hulle daagliks moet gaan.
“Nie net hulle nie, maar ook hul ouers. Dit is vir ons werklik ‘n riem onder die hart dat ondernemings soos SlimSun hulle oor ons ontferm en ook so ‘n verskil in die lewe van die leerders maak,” sĂȘ Estrellita Geldenhuys, sentrumbestuurder van Jo Dolphin.
Ander sindrome wat by Jo Dolphin te vind is, is outisme, serebrale palsy, down-sindroom, fetale alkohol-sindroom en spina bifida.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*