So lyk die damme in die Swartland

So lyk die damme in die Swartland

Met swaar reënneerslae wat die afgelope week oor die Swartland ervaar is, het die Voëlvleidam, die streek se enigste bron van water vanaf 67.8% na 76% gestyg.
Die totale voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap se vlak het ook gestyg vanaf 89.2% tot 93.2% die afgelope week.
Die Bergrivierdam is nou 100.6% vol, terwyl dit in die droogtegeteisterde 2017 37.4% vol was.
Die Laer-Steenbrasdam spog met ‘n watervlak wat op 79.5% staan, in vergelyking met verlede week se 76.3% en 2017 se 29.2%.
Die Theewaterskloof is 99.6% vol.
Die dam se vlak het gestyg vanaf 95.8% verlede week.
In 2017 was hierdie dam op dieselfde tyd 20% vol.
Die Voëlvleidam se damvlak het in 2017 op 20.5% gestaan.
Ten opsigte van die reënvalsyfer is daar op 8 Julie 15mm aangeteken by die Voëlvleidam, wat die totaal vir Julie-maand so ver op 75mm te staan bring.
Die langtermyngemiddelde reënvalsyfer in dié gebied is 101.1mm.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*