So lyk die damvlakke

So lyk die damvlakke

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 78% gestaan, in vergelyking met verlede week se 80% en verlede jaar dieselfde tyd se 66.3%.
Die Bergrivier se vlak het Maandag op 78% gestaan. Verlede week het die damvlak op 79.9% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 79.1%.
Die Laer-Steenbras is nou 72.8% vol, in vergelyking met verlede week se 74.6% en verlede jaar se 70.9%.
Die Theewaterskloofdam het Maandag op 81.9% gestaan. Verlede week was die dam 83.9% vol en 60.5% verlede jaar op dieselfde tyd. Die Wemmershoekdam was Maandag 78.5% vol, waar dit verlede week op 80.5% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 65.9% vol.
Die Voƫlvleidam was Maandag 72.7% vol. Verlede week het die dam se vlak op 74.9% gestaan en verlede jaar op 65.7%.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*