Sosiale rolbal-wedstryd wag op familie, vriende

Sosiale rolbal-wedstryd wag op familie, vriende

Die rolbalklub bied op 3 en 10 Desember ‘n geleentheid aan vir enige belangstellendes om van 18:00-20:30 saam met hul familie, vriende, kollegas en vreemdelinge te kom balle rol.
Drie wedstryde van 5 skofte elk. Toegang is gratis en balle word voorsien. ‘n Kontant kroeg met wye verskeidenheid van keuse en kole is beskikbaar vir ‘n lekker kuier rondom die braaivleisvuur.
Dit sal ‘n goeie geleentheid bied om wraak te neem teen die spelers wat jou afgestof het tydens die sakemanne-toernooi.
Streng Covid-protokol sal gevolg word.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*