Spelers spook sake uit vir rolbal

Spelers spook sake uit vir rolbal

Daniël Griebenauw kon toe nie verder vorder in die WP Enkelspel-kompetisie, ná hy ongelukkig was om 18-21 te verloor.
Met die telling 18-17 skuif sy teenstaander die witbal met die laaste bal van die wedstryd om 4 skote op te tel.
Hierdie week word die klubkampioenskappe afgehandel.
Dinsdag speel die novices hulle halfeindstryde, wanneer Jeff Petersen en Ricardo Rickett mekaar die stryd aansê, asook Dawie Horn teen Jehan van Niekerk.
Die eindstryd is Woensdag (vandag) om 17:30.
In die mans-ope vind die kwarteindrondtes Donderdag pm 17:30 plaas.
Die laaste posisie word Dinsdag bepaal, met Daniël Griebenauw, Rainier van Zyl, Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Paul Rossouw, Marius Huysamen en Brian Howell wat reeds gekwalifiseer het.
Daniël is die verdedigende kampioen, en soos die manne mekaar opdreun kan hy sterk aanslae verwag.
Saterdag 12:30 word die halfeindstryde beslis, met beide die mans en dames finaal om 15:00.
Die verdedigende kampioen Zelda Jordaan en June Rickett speel teen mekaar.
Toeskouers en belangstellendes is baie welkom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*