Sport: CK maak reg vir toutrekkampioenskappe

Sport: CK maak reg vir toutrekkampioenskappe

Die Malmesbury-toutrek klub speel eersdaags gasheer vir die Suid-Afrikaanse Toutrek-federasie se suidelike klubtoutrekkampioenskappe. Dit vind plaas op 22 Mei op die landbougronde van die dorp.
Hier sal al die suidelike klubs van Suid-Afrika kragte meet. Verskeie distrikte soos Eden, Overberg, Kaap Metropool, asook Wynland sal ook die kompetisie bywoon.
Hierdie byeenkoms word gesien as die voorloper vir die nasionale klubkampioenskappe wat later vanjaar gehou word – ook op Malmesbury.
Die nasionale keurders sal ook hier teenwoordig wees om atlete te kies vir die wêreldkampioenskappe gedurende September in Spanje. SA-toutrek is tans baie aktief en die SA-presidentspan is reeds besig met voorbereidings om Suid-Afrika in Julie te verteenwoordig by die Afrika-kampioenskappe in Swakopmund, Namibië. Verder gaan ‘n SA Ontwikkelingspan gedurende Oktober na Turkye toer. ‘n Duitse toerspan word vroeg aanstaande jaar in Suid-Afrika verwag.
Weens Covid-regulasies sal geen toeskouers toegelaat word nie.
Enige navrae kan gerig word aan die organiseerder, Rentia van den Berg, by 060 508 5144

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*