Sport – Eudrich stel sy visier op Killarney

Sport – Eudrich stel sy visier op Killarney

Eudrich Huysamen, Malmesbury se ywerige renjaer, is weer aangewys as die Swartland Oval-klub se kampioen vir die afgelope jaar. Eudrich hang nou, na 6 jaar sy ovaalbaan-handskoene op. Hy gaan steeds sosiaal deelneem aan wedrenne, maar stel nou sy visier op professionele renne op Killarney. Gedurende die inperking het Eudrich ook aanlyn aan virtuele resies begin deelneem en vanuit 550 inskrywings is hy in die 24ste plek gekies. Eudrich behoort teen einde Augustus in sy splinternuwe renmotor te kan klim en sy droom stukkie vir stukkie begin verwesenlik. Hy sal in die klas Formula V, oftewel Libras, deelneem in ‘n 1400-motor. Hier sal hy teen baie hoër spoed as sy 80km per uur in ‘n knortjor om die baan kan jaag. Die Huysamens en Team Chillie Racing is druk op soek na borge om Eudrich oor die wenstreep te help.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*