Stand van die damme

Stand van die damme

Die vlak van die damme in die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap staan nou op 98.9% van die kapasiteit. Dit is ‘n verandering van 0.8% teenoor verlede week.
Die Bergrivierdam was Maandag 100.4% vol in vergelyking met verlede week se 100.2%.
In 2017, tydens die droogte wat die Wes-Kaap ervaar het, was die dam 53% vol.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 91.4% vol, in vergelyking met verlede week se 90.5% en 2017 se 30.3%.
Die Theewaterskloofdam het Maandag die 102.1%-kerf bereik, in vergelyking met verlede week se 101.8% en 2017 se 25.6%.
Die VoĆ«lvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 92% vol. Dit is ‘n 0.3% styging vanaf verlede week. In 2017 was die dam 23.6% vol op dieselfde tydstip.
Weerkenners voorspel dat ‘n kouefront teen Donderdag die Wes-Kaap sal bereik wat swaar neerslae en moontlike sneeu sal bring.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*