Stand van die damme

Stand van die damme

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 80% gestaan, in vergelyking met verlede week se 81.7% en verlede jaar dieselfde tyd se 67.8%.

Die Bergrivier se vlak het Maandag op 79.9% gestaan. Verlede week het die damvlak op 81.9% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 81.2%.
Die Laer-Steenbras is nou 74.6% vol, in vergelyking met verlede week se 76.8% en verlede jaar se 72.9%.

Die Theewaterskloofdam het Maandag op 83.9% gestaan. Verlede week was die dam 85.4% vol en 61.7% verlede jaar op dieselfde tyd. Die Wemmershoekdam was Maandag 80.5% vol, waar dit verlede week op 82.3% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 67.8% vol.
Die Voƫlvleidam was Maandag 74.9% vol. Verlede week het die dam se vlak op 76.2% gestaan en verlede jaar op 68%.

Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*