Stand van die damme

Stand van die damme

Die damme in die voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap was Maandagmiddag 69.8% vol in vergelyking met verlede week se 68.6% en verlede jaar se 53.6%.
Gedurende 2017 was die damme op dieselfde tydstip 20.9% vol.
Die Bergrivierdam was Maandag 76.1% vol en verlede week 72.2%. In 2020 was die dam 65.7% vol.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 58% vol, waar die dam verlede week die 57.4%-merk gehaal het en verlede jaar dieselfde tyd 48.9% vol was.
Die Theewaterskloofdam was Maandag 75.2% vol. Verlede week het die dam se vlak op 73.8% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 35.8%. In 2018 op dieselfde tyd was die dam 12.1% vol.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 58.3% vol in vergelyking met verlede week se 48.9% en verlede jaar se 50.2%. In 2018 was dié dam op dieselfde tyd van die jaar 14.5% vol.
Die reënval wat oor die afgelope week aangeteken is by die Voëlvleidam was 7mm op 14 Mei en 27mm op 15 Mei. Die totale reënval in die gebied van die voorsieningsnetwerk was 28.7mm vanaf 11 tot 17 Mei.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*