Stand van die damme

Stand van die damme

Die damme in die voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap was Maandagmiddag 74.5% vol in vergelyking met verlede week se 69.8% en verlede jaar se 53%.
Gedurende 2017 was die damme op dieselfde tydstip 20.1% vol.
Die Bergrivierdam was Maandag 84% vol en verlede week 76.1%. In 2020 was die dam 65% vol en in 2017 31.4%.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 62.6% vol, waar die dam verlede week die 58%-merk gehaal het en verlede jaar dieselfde tyd 46.5% vol was.
Die Theewaterskloofdam was Maandag 80.3% vol. Verlede week het die dam se vlak op 75.2% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 49.9%. In 2018 op dieselfde tyd was die dam 13.6% vol.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 60.2% vol in vergelyking met verlede week se 58.3% en verlede jaar se 49.8%. In 2018 was dié dam op dieselfde tyd van die jaar 15% vol.
Die reënval wat oor die afgelope week aangeteken is by die Voëlvleidam was 109.1mm. Op 19 Mei het 4mm geval, op 20 Mei 66mm en op 21 Mei 5mm.

Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*