Stand van die damme

Stand van die damme

Die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap staan nou op 75.5%. Verlede week dieselfde tyd was die dam 74.5% vol. In 2017 was die damme 19.5% vol.
Die Bergrivierdam is nou 86.1% vol, waar dit verlede week 84% en verlede jaar 69.5% vol was.
Die Laer-Steenbras is nou 62.4% vol, in vergelyking met verlede week se 62.6% en verlede jaar se 48.2%.
Die Theewaterskloofdam was Maandag 81% vol. Verlede week was dit 80.3% vol en verlede jaar 52%. In 2017 was die dam 13.6% vol.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 61.4% vol en verlede week 60.2%. Verlede jaar was die dam 49.9% vol en in 2017 14.3%.
Wat die reënvalsyfers betref, is daar by die Theewaterskloofdam1.6mm op 27 Mei, 2.4mm op 29 Mei en 0.6mm op 30 Mei gemeet. In totaal vir Mei het 172mm geval.
By Voëlvlei is daar op 25 Mei 0.1mm, 27 Mei 0.1mm, 25 Mei 5.5mm en 29 Mei 1.5mm gemeet. In totaal is 116.3mm gedurende Mei-maand gemeet.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*