Stand van die damme

Stand van die damme

Die damme in die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk is 75% vol, in vergelyking met verlede week se 75.5% en 2017 se 21.9%.
Die Bergrivierdam was Maandagmiddag 86.5%. Die damvlak het onveranderd gebly oor die afgelope week. In 2017 was die dam 33.8% vol.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandagmiddag 60.3% vol, in vergelyking met verlede week se 61.6% en 2017 28.8%.
Die Theewaterskloofdam is nou 80.5% vol, waar dit verlede week 81% vol was en in 2017 het die dam se vlak op 15.5% gestaan.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandagmiddag 61% vol. Verlede week het die dam se vlak op 61.1% gestaan.
In 2017, toe die Wes-Kaap gebuk gegaan het onder ‘n droogte, was die dam 17.6% vol.
Reënvalsyfers wat aangeteken is oor die afgelope maand dui dat in die Voëlvlei-opvangsgebied slegs 0.5mm neerslag gemeet is. Die langtermyn gemiddeld vir Junie is 115.6mm.
Bron: www.resource.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*