Stand van die damme

Stand van die damme

Die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk se gemiddelde damvlakke staan op 98.1% met reën wat voorspel word vir hierdie week, asook volgende week.
Dit is ‘n styging van 0.4% vanaf verlede week.
Die totale gemiddelde waterverbruik vir hierdie gebied, is 756 megaliter per dag.
Die Bergrivierdam was Maandagmiddag 100.2% vol in vergelyking met verlede week se 100.9%. Gedurende die droogte van 2017 was die dam op dieselfde tydstip 49.9% vol.
Die Laer-Steenbras se vlak staan nou op 90.5% in vergelyking met verlede week se 89% en 2017 se 28.8%.
Die Theewaterskloofdam, met ‘n kapasiteit van 480 188 megaliter, is nou 101.8% vol. Dit is ‘n styging van 0.2% sedert verlede week.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, is nou 89.7% vol in vergelyking met verlede week se 87.7% en 2017 se 22.6%.

Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*