Stand van die damme in die Wes-Kaap

Stand van die damme in die Wes-Kaap

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 85.4% gestaan, in vergelyking met verlede week se 87.4% en verlede jaar dieselfde tyd se 72%.
Die Bergrivier se vlak het Maandag op 86.1% gestaan. Verlede week het die damvlak op 88% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 86%.
Die Laer-Steenbras is nou 80.5% vol, in vergelyking met verlede week se 82% en verlede jaar se 79.1%.
Die Theewaterskloofdam het Maandag op 88.4% gestaan. Verlede week was die dam 90.1% vol en 65.2% verlede jaar op dieselfde tyd. Die Wemmershoekdam was Maandag 86.2% vol, waar dit verlede week op 87.8% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 73.5% vol.
Die Voƫlvleidam was Maandag 81% vol. Verlede week het die dam se vlak op 82.7% gestaan en verlede jaar op 73.5%.
Bron: www.capetown.gov.za

Die Voƫlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water, se waters maak golwe soos dit teen die damwal slaan. Sien die stand van die damme binne.
Foto: Samuel Walters

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*