Stem nou!

Stem nou!

Die finaliste in die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is Maandag bekend gemaak. Dit volg nadat die nominasieproses, waartydens enigiemand sy (of haar) gunstelingdiensverskaffers kon nomineer, Vrydag gesluit het.

In die kategorie vir klein besighede is Bergzicht Dierekliniek, Beyond Beauty, Echosat, J&E Auto Elektries, Malmesbury Guest House en Octavoscene die finaliste.

Vir medium besighede het Henk’s Vleismark/Kekkel & Kraai, Insulated Project Solutions, Le Minnie Attorneys, Malmesbury Kwekery en Swartland Joernaal die meeste nominasies ontvang.

In die afdeling vir groot besighede kompeteer AR24, Kaap Agri, Malmesbury Superspar, Sabino Canyon Spur en RSA Makelaars met mekaar vir die eerste plek. Vanjaar het die Sakekamer ook ‘n ekstra kategorie bygevoeg, naamlik die individu wat volgens inwoners uitstaande diens lewer en gereeld die ekstra myl stap om kliënte te help. Hiermee moedig die Sakekamer individue binne enige werksopset aan om voortdurend die beste moontlike diens te lewer.

Die genomineerdes vir hierdie afdeling is Dr Sanel Lourens van Bergzicht Dierekliniek, Julian Naicker van Insulated Project Solutions en Maré Nel van RSA Makelaars.

“2020 het uiters harde eise aan ons sakemanne en -vroue gestel, daarom wil ons baie graag hierdeur erkenning gee aan elkeen wat regdeur die jaar vasgebyt en op die koop toe uitmuntende diens verskaf het aan die mense van ons omgewing,” het die Sakekamer Maandag in ‘n verklaring gesê.

Om te stem vir jou voorkeur diensverskaffer of individu, besoek www.sakekamer.co.za

Die stemproses open vandag 3 November om 8:00 en duur tot 15 November 2020 om 23:00.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*