Suksesse vir snuffelhonde

Suksesse vir snuffelhonde

Die snuffelhonde Loftus en Nina, het in ‘n roetine padblokkade 500 dagga bankies uitgesnuffel.
Hierdie dagga het ‘n straatwaarde van ongeveer R10 000.
Die honde se K9-offisiere, Abrahamse en Swelindawo, wat deel was van ‘n groep van 18, het twee minibus-taxi’s gewaar wat aanvanklik ‘n ent vanaf die padblokkade stilgehou het, voor hulle ‘n skielike u-draai gemaak het.
Die beamptes het snuf in die neus gekry en die taxi’s agterna gesit.
Die snuffelhonde het hul neuse tot die toets gesit en dadelik begin met hul ondersoek.
Hul fonds het gelei tot die inhegtenisname van een volwasse man vir die onwettige handel in dagga.
Boetes is ook uitgereik vir vier ongelisensieerde bestuurders, drie gevalle van persone wat vervoer is sonder die nodige professionele drywers permit, een persoon wat die publiek vervoer het sonder ‘n lisensie en een persoon wat ‘n voertuig bestuur het wat nie die korrekte lisensiekode besit het nie.
Tot dusver het die Wes-Kaapse Regering die honde-eenheid met R13 miljoen befonds.
Die doel van die eenheid is om die SAPD en ander rolspelers by te staan en te ondersteun met die vind van onwettige middels, ploftoestelle, gewere en ammunisie.
Die provinsiale minister van polisie en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die dag bygewoon.
“Ek wil my dankbaarheid betoon teenoor uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, die onderburgemeester, Anet de Beer, asook raadslid Albert Warnick en die amptenare wat ‘n uitstekende werk doen om die Swartland ‘n veiliger plek te maak. Ook die hele Wes-Kaap. Hierdie fondse is ‘n groot oorwinning vir die aarea en dit verseker dat minder dwelms ons gemeenskappe bereik.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*