Superspar Malmesbury doen dit weer

Superspar Malmesbury doen dit weer

Superspar Malmesbury is Saterdagaand by die jaarlikse Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie van die Malmesbury Sakekamer, vereer vir hul uitnemende diens. Hiervoor het hulle die toekenning in die Groot Besighede-afdeling ingepalm. Hierdie konsessie op Malmesbury is geen nuweling tot die kompetisie nie en het die toekenning voorheen ook ontvang. Die span, onder leiding van eienaar Des Moller, streef daarna om aanhoudend te verbeter in hul dienslewering en dit wat die winkel aan verbruikers bied. Hulle is trots en dankbaar vir die toekenning en bedank al hul getroue ondersteuners wat dit moontlik gemaak het.

Foto: David Howburgh

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*