Superspar Malmesbury

Superspar Malmesbury

‘n Inkopie-ervaring om te onthou
Superspar Malmesbury is een van die bekende bakens van Malmesbury. Of jy nou dorp in of dorp uit ry, jy sal die bekende handelsmerk sien. Nie net dit nie, dit is ook ‘n rigting-aanwyser vir talle.
“As jy by die verkeerslig kom, dan sit Spar aan jou linkerkant, draai daar op.”
By Superspar Malmesbury kan jy seker wees dat jy altyd net die beste diens sal vind.
Vir eienaar Des Moller is hierdie die belangrikste deel van dit wat die winkel en sy personeel bied.
“Kliëntediens is vir ons dit waarop ons roem. Ons sal altyd sorg dat ‘n kliënt ‘n aangename inkopie-ervaring het en dat hulle vind waarna hulle soek,” sê hy.

Superspar Malmesbury het al talle gedaanteverwisselinge ondergaan en is nou ook besig om aan gewerk te word, juis sodat die inkopie-ervaring nog beter kan wees.

Superspar Malmesbury bied ‘n groot verskeidenheid produktereeks aan, juis sodat die koper opsies het om van te kies.
Hier sal jy ook mededingende pryse vind en waarde vir jou geld kry.
Superspar Malmesbury het ook al talle kere in die verlede weggestap met die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-trofee, juis omdat kliëntetevredenheid vir hulle van onskatbare waarde is.
As jy inkopies moet doen, iets moet kry vir aandete, kruideniersware wil aankoop, opsoek is na ‘n lekkerruik-dingetjie vir jou voertuig, hout wil koop om te braai, skryfbehoeftes na opsoek is, kan jy seker wees dat jy by Superspar Malmesbury alles sal vind wat jy benodig.

Om deur die rakke van dié winkel te wandel, is soos ‘n ontdekkingstog, want in elke rak vind jy iets nuuts. Iets wat jy nie gedink het ‘n kettingwinkel sommer sal aanhou nie.
So hou Superspar Malmesbury sy kliënte gelukkig en tevrede.

Dit is dus glad nie vreemd dat hierdie winkel al aangewys is as die beste Superspar in Suid-Afrika nie. Hul slaghuis het ook al talle toekennings ingepalm en is elke jaar een van die gunstelinge in die gesogte Clever-toekennings.
Besoek Superspar Malmesbury in Voortrekkerweg 80 of kontak hulle by 022 482 1147.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*