Swartland Fire Services hier om te help

Swartland Fire Services hier om te help

Swartland Fire Services, met sy hoofkantoor op Malmesbury, voorsien nie net hierdie dorp van vuur-veiligheidstoerusting nie, maar bedien ook die groter Swartland.
Dawid Maarman, eienaar van Swartland Fire Services, het die onderneming aan die einde van 2018 oorgeneem.
Alle akkreditasie en standaarde is in orde en in plek. Die onderneming is ook BSI en SAQCC geregistreerd en geakkrediteerd.
Maarman spreek sy dank uit teenoor sy kliƫnte en lede van die publiek vir hul getroue ondersteuning.
Maarman is nou besig om te kyk na maniere hoe hy plaaslike speelskole met hul vuur-veiligheid gratis kan ondersteun met die diens van hul brandtoerusting.
Swartland Fire Services se werkswinkel is op Moorreesburg gestasioneer en is ook binnekort op die sentrale databasis geregistreer, om sodoende met entiteite soos munisipaliteite besigheid te kan doen. Kontak hulle by 0788716548/0632247080/0748362326.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*