Swartland in groen en geel getooi

Swartland in groen en geel getooi

Die vlakke van die damme in die water-voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap staan nou op 97.5% met ‘n daaglikse gemiddelde verbruik van 739 megaliter vanuit hierdie netwerk.
Die Bergrivierdam was Maandag 100.5%. Die dam se vlak het onveranderd gebly in die afgelope week.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 88.4% vol, in vergelyking met die vorige week se 86.3%.
Gedurende 2017, toe die Wes-Kaap gebuk gegaan het onder erge droogte, was die dam op dieselfde tyd 29.5% vol.
Die Theewaterskloofdam was Maandag ook vol en het die watermerk by die 102%-vlak gestaan. Die dam was die vorige week 102.2% vol in vergelyking met 2017 se 21.6%.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 86.4% vol. Verlede week het die dam se vlak op 83.8% gestaan en in 2017 op 21.9%.
Die watervoorsieningskanaal se vlak het die afgelope week met 0.6% gestyg.
Die res van die week word mooi en sonnige weer voorspel, met reën wat slegs vir Saterdag voorspel word.
Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*