Swartland Skou gekanselleer

Swartland Skou gekanselleer

In ‘n brief wat begin met “Aan al ons skouvriende” is dit die week aangekondig dat vanjaar se Swartland Skou op Moorreesburg gekanselleer is.
Uit die pen van skoupresident Jacques Bester is die boodskap oorgedra dat daar te veel onsekerheid heers en dat die gemeenskap se veiligheid eerste gestel word. Daarom die besluit om die skou vanjaar te kanselleer.
“Swartland Skou het met die jare ‘n baie hoë standaard daar gestel en is trots op wat ons deur die jare vir ons borge, vertoners, uitstallers en gemeenskap daar kon stel.
“In ag genome met die derde vlaag Covid-epidemie en vlak 2-inperking, onsekerheid en veiligheid van ons gemeenskap, is daar na baie beraadslaging en alle moontlikhede in ag geneem, besluit om voorlopig nie 2021 ‘n skou aan te bied nie.
“Ons wil u egter verseker indien daar enige verligting is, ons die besluit sal heroorweeg en u op hoogte hou.
“Ons wil u hartlik bedank dat ons jaar na jaar op u samewerking kan staatmaak, want sonder u ondersteuning is dit nie vir ons moontlik om ‘n skou van so ‘n hoë gehalte aan te bied nie. Besoek ons webblad www.swartlandskou.co.za vir beoogde aktiwiteite wat beplan word.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*