Swartland-sterre skitter in toutrek

Swartland-sterre skitter in toutrek

Michael Basson en Benjamin Herbert van die Malmesbury Toutrekklub is verkies tot die nasionale spanne om Suid-Afrika te verteenwoordig in Holten Nederland vanaf 12 tot 19 September 2022. Benjamin is verkies tot die nasionale groen Protea-span en Michael tot die nasionale blou gazelle-span. Die kostes aan hierdie toer beloop ongeveer R30 000 en is dringend op soek na borge. Enige belangstellendes kan die klub kontak by 060 508 5144.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*