Swartlanders wys hul staal in Epic

Swartlanders wys hul staal in Epic

Die Swartlandse duo, Fietie Rocher en Henko Burden, neem nou deel aan die Absa Cape Epic. Die twee het Maandag in uitdagende toestande van 46 grade celsius die eerste skof van 92km met ‘n 2850m-klim voltooi. Die fietstoer kom Sondag tot ‘n einde. Hulle het die skof in 3:43.00 voltooi en in hul afdeling ‘n 144ste plek behaal. Die twee neem onder die vaandel van Atlas Staal deel. Die tweede been vind strek vanaf Lourensford Wynlandgoed tot Greyton oor 123km, met ‘n 2350 klim. Vandag se been, oftewel been drie, is in en rondom Greyton en strek ook 101km, met ‘n 2250 klim. Volgens hom moes hulle Maandag ‘n uitdagende deel, “Die Nek”, aangedurf. “Ons het hom maar uitgestap. Ek dink net die voorste ryers kon daar uit. Hier van die middelveld af agtertoe, kon ons nie daar uit nie. Maar, ons voel goed en is positief vir die deel wat voorlê.”
In Swartland Joernaal se gesprek gisteroggend met hom, was hy positief en opgeruimd oor die dag wat voorlê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*