Hoe staan sake in die landbousektor?

Hoe staan sake in die landbousektor?

LANDBOU KALENDER: NOVEMBER 2020

Wyndruiwe
Die  blomperiode  word  alomweë  beskou as die mees kritieke stadium vir die  beheer  van donsskimmel. Produsente word sterk aangeraai om tydens hierdie periode, ongeag weersomstandighede, ‘n goeie sistemiese middel toe te dien wat onder meeste klimaats toestande primêre infeksie sal voorkom.
Streke wat onderhewig is aan botrytis infeksies, kan gereed maak vir bespuitings vanaf direk voor blom.
Inspekteer gereeld vir die voorkoms van witluis infestasies. Skenk veral aandag aan blokke waar vroeë peritroidbespuitings vir snuitkewer toegedien is. Kruiperbeweging begin normaalweg in die middel van November.
Letvoortsopsporadieselenteplaagkomplekse soos springkane, bladspringers ensovoorts.
Somerloofhantering moet nie agterweë gelaat word nie. Tydige suiering van waterlote

en die top van geil groeiende dralote is nie net heilsaam vir die spesifieke seisoen nie, maar vergemaklik ook die snoeiproses in die komende seisoen. Verwydering van blare in die trossone verbeter die mikroklimaat van die stokke en verhoog die effektiwiteit van bespuitings.

Kleingraan
Alhoewel die gevaar van laatseisoen Bolwurm infestasie  feitlik  verby  is,  mag  dit  in sommige streke steeds nodig wees vir die gereelde monitoring vir die plaag.
Platsny van koring moet slegs oorweeg word
waar:
a) ‘n potensiaal van windskade bestaan
b) groen onkruid tussen ryp grane
voorkom
c) waar onegalige ontwikkeling van die gewas voorkom.
Vir die korrekte stadium waarby koring platgesny word, moet ‘n verteenwoordigende koringpit tussen die vingers gekneus word.

Sodra daar nie meer vry vog sigbaar is nie, kan daar voort gegaan word om plat te sny.
Vir die platsny van canola geld dieselfde redes as by koring. Duidelike kleurkaarte is beskikbaar om die produsent te help met die korrekte tyd van hierdie proses.
Canola kan chemies “platgesny” word. LET WEL!! Slegs geregistreerde handelsmerke mag aangewend word vir hierdie doel. Aankopers van canola gaan streng volgens protokol aankoop.
Wat die oesproses van canola betref moet produsente daarop let dat oesverliese van so hoog as een ton per hektaar maklik kan plaasvind as stroperverstellings nie korrek is. Gereelde monsterneming in die kafry sal vroegtydig kan bepaal of verstellings nog inlyn is.

Frik Potgieter (Onafhanklike Landboukonsultant) Agricure Consult
Sel   083 634 9850
agricure.con@gmail.com