Toekennings en diens!

Toekennings en diens!

Spar The Bank op Malmesbury is een van die anker-winkels op Malmesbury en word deur Des Moller, eienaar van Malmesbury Superspar besit. Vir diĆ© onderneming is dit belangrik om die gemeenskap te bou, werk te skep en om inwoners wat nie na Malmesbury Superspar kan reis nie, ‘n alternatief te bied wat nader aan hulle is, waar hulle dieselfde gehalte en kwaliteit kan geniet as by Malmesbury Superspar. Kontak Spar the Bank by 022 100 0783 of stuur ‘n epos na wesbankspar@gmail.com. Besoek die winkel van Maandag tot Sondag vanaf 07:00 tot 20:00 of besoek hul Facebook-blad. Die slaghuis-afdeling van Spar The Bank spog nou ook met nog ‘n toekenning. Hierdie groep het verlede week die titel ingepalm as die goue medalje wenner in die Prime Cut-kompetisie vir die grootste groei in verkope gedurende Junie 2021. Hierdie winkel bied nou ook ‘n nuwe diens aan, naamlik die bespreking van Golden Arrow-busdiens kaartjies. Besoek hulle gerus vir vriendelike, hulpvaardige en professionele diens!

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*