Toerisme kry hupstoot

Toerisme kry hupstoot

Weskus Toerisme in samewerking met Wesgro en die Cape Tourist Guide Association het ‘n groep toergidse en toer operateurs vir vyf dae in die Weskus verwelkom met die doel om nuwe toerisme produkte blootstelling te gee. Covid-19 het verskeie toerisme produkte tot stilstand geruk en daarom word verskeie bemarkings- en ontwikkelings programme deur Weskus Toerisme van stapel gestuur om die industrie ’n hupstoot te gee.
Die toergroep se besoek het gefokus op die Kultuur en Erfenisroete binne die Weskus. Van die besienswaardighede wat in die Weskus besoek was sluit in Diepkloof Rock Shelter, Weskus Fossielpark, ! Kwa ttu, Sevilla Rotskuns en Truitjieskraal/Matjiesrivier Reservaat.
Volgens die skakelbeampte by Weskus Distriksmunisipaliteit, Heinrich Robertson, wie die groep toegespreek het, is dit ’n groot voorreg vir Weskus Toerisme om hierdie groep in die streek te ontvang. “ Die nasionale inperking het ‘n massiewe impak op die toerisme bedryf en die plaaslike ekonomie gehad. Ons sien die toerisme bedryf as ’n groot dryfveer om plaaslike ekonomiese groei te bewerkstellig en daarom werk ons saam met verskeie agentskappe en rolspelers om soveel moontlik blootstelling aan ons diverse en unieke streek te gee. Ons hoop dat julle met groot groepe toeriste sal terug wees in die streek” het Robertson gesê.
Weskus Toerisme het ook die streek by die Karvaan Skou in Gauteng en by World Travel Market Africa bemark om meer besoekers na die streek te lok.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*