Uit die burgemeester se kantoor

Uit die burgemeester se kantoor

“So ‘n paar jaar gelede het ons as Swartland inwoners saamgestaan om die ergste droogte in dekades te oorwin.
Ons het daardie tyd gedink dat ons nooit die droogte te bowe gaan kom nie en dat dit vir altyd met ons sal wees…Vandag het reeds baie van ons daardie groot droogte vergeet na die lekker reën wat die laaste tyd uitgesak het.
Baie inwoners het vir my en die Munisipaliteit die skuld van die droogte en sommer van alles wat verkeert loop gegee…
Soos baie inwoners ook weer vir almal die skuld wil gee van die Covid-19 en die gevolge daarvan…
Ek en Swartland munisipaliteit het nie die “Lockdown” vlakke en die huidige vlak 4 afgekondig nie en ons het ook nie die Virus Covid-19 en al sy variante versprei nie.
Die verspeiding van die virus word deur MENSE oorgedra, mense wat hulle NIE aan die reëls hou NIE, mense wat NIE wil LUISTER nie…
Ons is vlak 4 in die 3de Covid-19 golf wat blyk ernstiger te wees as die eerste 2 golwe…
Baie mense het hulle werk en inkomstes verloor en kry bitter swaar…
Daar is baie mense wat baie ernstig siek is, wat in die hospitale en ICU beland, selfs hul lewe verloor.
Ons het in die dae wat die siekte al voortwoed baie familie, vriende, bekendes siek sien word en in baie gevalle van hulle aan die dood moes afstaan.
Ons in die Swartland is die afgelope tyd geteister deur siekte en dood, hetsy Covid-verwant of nie…
Kom ons dink aan diegene wat gebukkend gaan onder die inperkings.
Aan die mensies wat nie hul kinders of kleinkinders kan sien nie omdat die plekke waar hulle woon geen besoekers toelaat nie.
Aan ons kleintjies wat nie hul daaglikse ete by die skool kan kry nie, en nou honger ly.
Aan families van mense wat alleen in hospitale lê en baie wat doodgaan, wat letterlik versmoor!
Kom ons werk saam en volg die reëls.
Dis nie nou die tyd om selfsugtig te wees en net aan jouself te dink nie…
Dis nie nou die tyd om te kyk hoe ver jy onwettig kan wees en die reëls buig of te kyk met hoeveel verkeerde dinge jy kan wegkom nie…
Dis nie nou die tyd om toe te laat dat jou kinders deur die strate ronddwaal en die virus daardeur versprei nie, of erger nog die virus huis toe bring nie…
Dis nie nou die tyd om deel van die probleem te wees nie…
DIS NOU DIE TYD dat ons almal die “hero” in ons uitbring en kan sê:
Ek kan dit doen en ek sal deel van die oplossing wees.
Ek het gehelp dat die virus NIE verder versprei NIE.
Ons moet positief bly in hierdie moeilike tye en probeer so veel moontlik by die huis bly.
Ons het soveel goeie hulpvaardige inwoners, dankie aan hulle, dankie aan alle inwoners en werkers wat noodsaaklike dienste lewer…
Dankie aan gesondheidswerkers, polisie maatskaplike werkers, munisipale personeel wat noodsaakelike dienste lewer…
Dankie aan NGO’s, sopkombuise en al die lieflike mense wat help om ons mense by te staan, te voed en deur hierdie moeilike tye te help…
Soos die droogte wat gebreek het en iets van die verlede is, sal hierdie siekte ook verby gaan.
Ons kan, ons sal en ons moet.
Ons moet net nie gerus raak nie EN ONS MOET saamstaan deur:
By die huis te bly, jou hande gereeld te saniteer, jou afstand te hou van ander, en jou masker te dra.
En die wat bo die leeftyd van 50 is registreer julle asb om ingeënt te word. As u nie weet hoe nie, stap net in by een van die plekke en dorpe waar die inentings plaasvind. Moenie na andere dorpe ry nadat u ‘n snaakse SMS ontvang het nie. By al die inentingsplekke is geriewe om u daar met die hulp van vriendelike personeel te registreer.
Maar u kan ook self registreer deur (https://vaccine.enroll.health.gov.za) in te sleutel op u laptop of selfoon.
Of u kan ‘n Whatsapp stuur na 0600 123 456 met die woord “REGISTER”.
U kan ook registreer deur 134832* te skakel en u ID nommer in te sleutel. “

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*