Usave open deure in Vallei

Usave open deure in Vallei

Usave het met die opening van sy nuwe supermark op Riebeek-Wes op Donderdag, 16 Desember 2021, 15 plaaslike inwoners van die Swartland in diens geneem.
Usave Riebeek-Wes is die vierde nuwe Usave-winkel wat sedert Desember 2020 in die Boland oopgemaak het en volg kort op die hakke van Usave Avian Park (Worcester), Usave Nduli (Ceres) en Usave Op die Berg (Ceres).
Die winkel sal deur Francis Solomon, wat met meer as 30 jaar se kleinhandel-ondervinding spog, bestuur word.
Usave Riebeek-Wes se handelsure is 08:00 – 19:00 van Maandae tot Vrydae, 08:00 – 17:00 op Saterdae en 08:00 – 13:00 op Sondae.
Die kleiner-formaat Usave-winkels bied ongeëwenaarde waarde vir geld met ‘n goeie gehalte reeks basiese voedsel teen die laagste moontlike pryse, sowel as maklike toegang tot ‘n reeks finansiële dienste by die Money Market-toonbank.
Dit sluit in die betaling van munisipale rekeninge, aankoop van data, lugtyd of elektrisiteit asook maklike en bekostigbare geldoorplasings.
Afgesien van alledaagse produkte en dienste, waarborg Ubrand – Usave se eie reeks produkte – 100% kwaliteit en tevredenheid.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*