Vannie Kaap nou tuis op Malmesbury

Vannie Kaap nou tuis op Malmesbury

Meesterbrein: Die manne agter die skerms: Jemaine Diedricks, Marc Jacobs (mede-eienaar van handelsmerk) en Grant Phillips.

Die bekende asook geliefde handelsmerk ‘Vannie Kaap’ het onlangs hulle deure op Malmesbury oopgemaak.

Dit was met groot opgewondenheid dat Grant Phillips en Jemaine Diedricks uiteindelik hierdie jarelange droom verwesenlik het.
‘n Idee wat reeds in 2019 posgevat het, maar toe deur die uitbreek van die Covid-pandemie eers op ys geplaas moes word.
Die winkeltjie, met sy kleurvolle deure is in Smuts Straat geleë, en is visueel onmisbaar.

Die atmosfeer is lig en gesellig en jy voel onmiddellik welkom. Jemaine noem met ‘n glinster in sy oog dat die spasie die regte ‘ambiance’ gehad het. Presies waarna hulle gesoek het.

Klinkslae en sê-goed, waarvoor die handelsmerk alombekend is, is oral te sien.

Die mede-eienaars gesels lighartig oor hoe die plek aanvanklik gelyk het en is baie trots dat 80% van die dekor uit hulle eie handewerk bestaan.
Kreatief en jonk van gees, het hulle nog baie planne in die pyplyn.

Met die ontwikkelling wat tans in Malmesbury plaasvind is dit die ideale tyd vir sulke besighede om hul merk in Malmesbury te maak.
Alle voorspoed word julle toegewens manne, mag julle Malmesbury vul met al die snaakse sê-goed.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*