Vanuit die pen van die burgemeester

Vanuit die pen van die burgemeester

“Hierdie week het die 2022-matriekleerders begin met hul Mei/Junie eksamens. Dit is die begin van ’n reeks eksamens wat die matriekleerders gaan skryf wat ’n bydrae gaan maak tot die res van hul lewens.
Ek het onlangs verskeie jongmense ontmoet en toegespreek en een van die vrae wat ek die meeste gevra word is oor werksgeleenthede en my advies is: “Maak jou skoolloopbaan klaar”.
Dit is kommerwekkend hoe baie jongmense nie hul skoolloopbaan voltooi nie. In die wêreld van vandag, moet jy ten minste ’n matriek sertifikaat hê. Dit is ’n voorvereiste vir amper alle werksgeleenthede. Ek het eerstehands die teleurstelling gesien van talentvolle, hardwerkende jongmense wat bereid is om hul pad oop te werk, maar weggewys word van geleenthede omdat hulle nie hul skoolloopbaan voltooi het nie. Tersiêre onderrig is nie vir almal nie, maar skool is nie meer opsioneel nie.
Ek wil ons ouers aanmoedig om by ons jongmense te staan en hulle aan te moedig en te ondersteun tydens hul skoolloopbaan. Moenie toelaat dat hulle tou opgooi nie. Selfs al is hulle nie met die eerste probeerslag suksesvol nie, probeer weer! Die Amerikaanse skrywer, Len Schlesinger, het gesê: “Failure doesnt mean the game is over, it means trying again with experience”.
My beste wense aan al die leerders wat nou hul eksamens aflê. Sterkte ook aan elke ouer, ek weet dat hierdie proses vir u net so stresvol is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*