Veiligheid eerste

Veiligheid eerste

Die Weskus Distriksmunisipaliteit het die afgelope Paasnaweek ‘n geïntegreerde operasie gehou saam met die Weskus Rampbestuur, wetstoepassing, die honde-eenheid asook die Departement van Binnelandse Sake. ‘n Padblokkade is op die R27 gehou om motoriste bewus te maak van padveiligheid, veral oor Paasfees. Burgemeester Boffie Strydom en Wilhelm Markus, direkteur van korporatiewe dienste van die WKDM, het besoek afgelê by die padblokkade by die Ganzekraal-oord. Hier is die gebied gepatrolleer deur Swartland se wetstoepassers, honde-eenheid, die Weskus-brandweer, rampbestuur, Operasie Phakisa, asook die Vaxi Taxi, SAPD en die Weskus Departement van Sosiale Ontwikkeling. Foto: Ghida Visser

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*