Verkiesing: 49 757 registreer

Verkiesing: 49 757 registreer

Swartlanders het Maandag in groot getalle by stemlokale opgedaag om hul kruisie te maak.
Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, het 49 757 kiesers in hierdie streek geregistreer vir die verkiesing.
Hiervan was 22 774 mans en 26 983 vroue.
Die grootste persentasie hiervan was in die ouderdomsafdeling van 30 tot 39 jaar.
Hier het 5938 vroue en 4953 mans geregistreer vir die verkiesing.
Die grootste gros van die manlike geregistreerde kiesers kom uit die 40 tot 49 jaar-kategorie, waar 5404 mans hulself registreer het vir die verkiesing.
Onder die nuwelinge tot die verkiesing het 111 mans en 172 vroue registeer in die 18 tot 19 jaar afdeling.
Die telling van die stemme kan aanlyn gevolg word by https://results.elections.org.za/dashboards/lge/.

  • Getalle soos op 16 Oktober 2021

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*