Wat om te doen…as ‘n geliefde sterf

Wat om te doen…as ‘n geliefde sterf

Wanneer ‘n geliefde sterf, maal ‘n duisend dinge deur die naasbestaandes se gedagtes.
Mossie Mostert van Mossie Begrafnisdienste op Malmesbury, gee die volgende wenke en te-doen-lysie vir diegene wat agterbly:

  1. Kontak onmiddellik die huisdokter of ambulansdienste vir die sertifisering van ‘n natuurlike sterfte.
  2. Kontak die plaaslike polisiediens indien u vermoed dit was ‘n onnatuurlike sterfte.
  3. Kontak die dominee of geestelike leier vir bystand en berading.
  4. Kontak die naaste familie.
  5. Kontak u begrafnisondernemer van u keuse vir die verwydering van die oorledene.
  6. Lig die ondernemer in of dit ‘n begrafnis of ‘n verassingsdiens gaan wees.
  7. Kry die identiteitsdokument van die oorledene, want die medici en begrafnisondernemer sal dit benodig.
  8. Die volgende dokumente word benodig deur die begrafnisondernemer:
    • ID van die persoon wat die reëlings tref, begrafnispolis se dokumentasie, klere vir die oorledene, keuse van blomme, indien wel, asook keuse van hoeveelheid begrafnisprogramme, foto’s vir die program, keuse van liedere en skrifgedeelte, asook enige ander spesifieke versoeke.
      What to do:
  9. Contact the doctor or ambulance services to certify the natural death.
  10. Contact SAPS if you suspect that it was not a natural death.
  11. Contact your minister of religious leader for support or counselling.
  12. Contact the immediate family.
  13. Contact the funeral undertaker of your choice to remove the deceased.
  14. Inform the funeral undertaker if it will be a burial or cremation.
  15. Obtain the ID of the deceased – the doctor and undertaker will need it.
  16. Get hold of the following documents:
    • ID of person responsible for arrangements, funeral policy documents, clothing for the deceased, choice of flowers, amount of pamphlets, photos for the pamphlets, choice of songs and scripture or any other request.
      Bron:
      Mossie Begrafnisdienste
      Tel: 022 482 2259
      084 512 5931

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*