Weet waar jy moet stem

Weet waar jy moet stem

Met die plaaslike verkiesing vanjaar in Oktober, hou die Onafhanklike Verkiesingskommissie ‘n registrasienaweek op 17 en 18 Julie.
Op hierdie naweek sal al 23 146 kiessentrums regoor die land oop wees vanaf 08:00 tot 17:00 om nuwe kiesers te ondersteun in die registrasieproses.
Kiesers wat reeds geregistreer is, kan hierdie geleentheid gebruik om seker te maak dat hul inligting op datum is en hulle by die regte lokaal hul stemme gedurende Oktober kan uitbring.
Die verkiesing vind op 27 Oktober plaas.
Geregistreerde kiesers kan ook aanlyn, op die kommissie se webtuiste, hul inligting nagaan.
Om te stem moet jy 16 jaar en ouer wees, ‘n Suid-Afrikaanse burger wees en ook in besit wees van ‘n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument.
Die groen ID-boekie of die nuwe slimkaarte geld hiervoor.
Besoek www.elections.org.za vir meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*