Welgemeend, Lions, kyk na vrede

Die leerders van Welgemeend Prim√™r buite Malmesbury het onlangs hul kreatiwiteit vrye teuels gegee toe hulle aan die Malmesbury Lions se Vredesplakkaat-projek deelgeneem het. Die leerders het die opdrag gekry om hul idee van vrede uit te beeld. Diegene wat ‘n eerste, tweede en derde plekke behaal het in hul ouderdomskategorie√ę het elk ‘n kontantprys, geborg deur die plaaslike Lions-klub, asook ‘n anonieme weldoener, ontvang. Fondse is ook bekom deur ‘n tweedehandse televisiestel wat aan die klub geskenk is, te verkoop. Onder is Ruwhan Erentze, die wenner in die Graad 4 tot 7-afdeling, saam met Lion Marina van der Merwe.

Open chat