Welkome hupstoot vir brandweer

Welkome hupstoot vir brandweer

‘n Vennootskap tussen Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweerdiens en Santam was ‘n welkome hupstoot vir die streek se brandweerdiens.
Veldbrande en struktuurbrande rig elke jaar miljoene rande se skade aan eiendomme, vernietig plantegroei en bedreig die lewens van mens en dier. Om die beste diens moontlik aan die gemeenskap te lewer is dit uiters belangrik om die nodige hulpbronne en strategieë in plek te hê.
Hierdie vennootskap, van meer as R700 000, sal help om meer effektief as brandweerdiens te funksioneer en sodoende die skade wat brande aanrig te verminder.
Die skenking sluit in:
• Vier staal damme wat by die onderskeie vliegvelde in die Weskus opgerig gaan word om die kapasiteit te vermeerder tydens lugsteun operasies
• Agt volledige ‘bunker suits’ vir nuutaangestelde brandweerpersoneel
• Vyf brandweerwaentjies met 1000lt tenke wat uitgeplaas gaan word in die streek by grondeienaars wat as hoë risiko areas geïdentifiseer is. Dit sal help met spoedige optrede sou daar ‘n brand ontstaan en sodoende brandskade beperk
• Bydrae tot beskermende kleredrag vir EPWP-grondspan wat gewoonlik bystand bied gedurende groot brande.
Volgens Brandweerhoof by Weskus Distriksmunisipaliteit, Bertus Senekal, is dit ‘n welkome bydrae en gaan die ekstra hulpbronne ‘n groot verskil maak in die brandweer operasies in die streek.
“Om ‘n brandweerdiens optimaal te laat funksioneer is duur en kompleks. Weskus Brandweerdiens probeer altyd om die diens wat ons aan die publiek lewer te verbeter, maar die begroting is altyd ‘n groot uitdaging en daarom is sulke vennootskappe baie belangrik vir ons” het Senekal gesê.
Weskus Brandweerdiens het goeie samewerkingsooreenkomste met die plaaslike munisipaliteite, Working on Fire, Cape Nature en die plaaslike Brand Beskermings Vereniging. Met die hulp en samewerking van die publiek kan skade wat brande inhou tot ‘n minimum beperk. Om ‘n brand te rapporteer of die brandweerdiens te ontbied skakel 022 433 8700.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*