Wenners!

Wenners!

Die Malmesbury Sakekamer het verlede week tydens ‘n geslote geleentheid vanjaar se wenners in die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie aangewys. In die afdeling vir Groot Besighede het Malmesbury Superspar die kroon gedra, met AR24 in die tweede plek, gevolg deur die Sabino Canyon Spur.

In die afdeling vir Medium Besighede het Malmesbury Kwekery die louere ingeoes, met Le Minnie Attorneys in die tweede plek, gevolg deur Henk’s Vleismark/Kekkel en Kraai.

In die afdeling vir Klein Besighede het Bergzicht Dierekliniek die toekenning vir die beste dienslewering ontvang, gevolg deur Beyond Beauty en Malmesbury Guesthouse.

In die afdeling vir die beste dienslewering deur ‘n individu, het Dr Sanel Lourens die eerste plek behaal, gevolg deur MarĂ© Nel en Julian Naicker. Bo is Nel, Dr Lourens en Julienne Hoogbaard, vorige wenner van die toekenning.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*