Wesbank bedank borge, ondersteuners

Wesbank bedank borge, ondersteuners

Wesbank Rugbyklub, die top-klub van die Swartland-streek en wat baie suksesse op en van die veld behaal het in Boland en Suid-Afrika, is weer besig om sy voete te vind na ‘n reeks swak vertonings voor Covid-19.
Wesbank Rugbyklub is ook verantwoordelik vir die aanbied van die grootste amateur klub 7’s-toernooi in Suid-Afrika, waarvan spanne van Namibië en die Harlequins van die Blue Bulls gereelde deelnemers is.
Die klub met sy jong bestuur, het terug beweeg na wat gewerk het tydens die suksesse van die goeie jare en met hul nuwe afrigterskorps en jong spelers, die uitdagings vorentoe beplan vir twee jaar.
Om dié suksesse te behaal het die klub begin met dit waarvoor hul alom bekend is, naamlik hul dissipline en eenvormigheid.
Die klub wil hiermee die volgende borge vir die 2022 seisoen bedank vir hul betrokkenheid by die klub en gemeenskap en hul waardevolle borgskappe vir klubklere, speeltruie, vervoer en mediese toebehore.
•Malmesbury SuperSpar
•Ocean Proccessors
•Malmesbury Fisheries
•Swartland Hulp en Begrafnisdienste
•Chippies en Smokey Joe
•Talisman Malmesbury
•Welkom Elektries
•Rola Malmesbury
•Fast Track Civils
•Tyremart
•De Grendel Landgoed- Truter de Kock
•Build it Malmesbury
Aan een en almal wat die klub en spelers finansieel ondersteun of behulpsaam is, die bestuur, spelers en gemeenskap waardeer u bydrae en die klub sal julle gelukkig maak met ons sukses op die rugbyveld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*