Weskus Brandweer

Weskus Brandweer

Weskus-dienste 90 blus vure in seisoen

Gedurende die somer maande is daar dikwels ‘n toename in veldbrande en vir die Weskus Brandweer- en Reddingsdienste was dit ‘n besige brandseisoen. Die brandweerdiens, onder die jurisdiksie van Weskus Distriksmunisipalteit, het tussen November 2020 en Februarie 2021 meer as 90 brande in die streek help blus.
Om die brandweerdiens aan die publiek te verbeter het die Weskus Distriksmunisipaliteit sy vloot van brandweervoertuie uitgebrei met die toevoeging van twee nuwe vierwiel-aangedrewe bakkies. Hierdie voertuie sal die bestaande vloot by die Clanwilliam en Vredendal brandweerstasies aanvul.
Die Brandweerhoof van Weskus Distriksmunisipaliteit, Bertus Senekal, wil een en elkeen bedank wie die brandverbod, wat tot 31 Maart 2021 ingestel is, eerbiedig het.

Tydens die verbod tydperk mag geen beheerde brande plaasvind nie. Selfs individue met brandpermitte sal vervolg word indien hulle nie by die reëls hou nie. “Dit is uiters belangrik dat ons met die publiek saamwerk om brande te voorkom. Die mense wat die brandverbod eerbiedig help om die werkslading op die brandweer personeel te verlig sodat ons op meer kritiese werk kon fokus,” het die brandweerhoof gesê.

Wanneer ‘n brand uitbreek word die publiek versoek om so gou as moontlik die brandweerdiens te kontak deur die noodnommers 022 433 8700 of 10177 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*