Weskus DM: Begroting fokus op gemeenskap

Weskus DM: Begroting fokus op gemeenskap

Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Boffie Strydom, tydens sy begrotingstoespraak op Moorreesburg

Die Uitvoerende Burgemeester van Weskus Distriksmunisipaliteit, Raadsheer Boffie Strydom, Woensdag die Weskus Distriksmunisipaliteit se begroting vir die volgende 3 jaar voorgehou.
Die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite is ‘n belangrike dryfveer om die lewering van kernmandaatdienste te verseker. Met die uitdagende finansiële tye wat munisipaliteite tans moet trotseer is dit belangrik dat munisipale begrotings fokus om die prioriteite en behoeftes in gemeenskap aan te spreek.
“Ek wil graag ‘n versoek rig aan elke raadslid, ongeag die party waaraan jul behoort, dat ons as ‘n Weskus Distriksmunisipaliteit-span kan saamwerk om ons onderskeie gemeenskappe te dien en eerste te stel hetsy direk of indirek deur samewerking met verskillende rolspelers”, het Uitvoerende Burgemeester gesê.
WDM se geprojekteerde inkomste is gebaseer op toekenning, ondertekende ooreenkomste en/of projeksies tot ‘n bedrag van R 452 913 263 miljoen en word soos volg uitgemaak:
• Agentskapsdienste vir die paaie-funksie sal R 158 173 000 miljoen beloop, wat 35% beloop.
• Dienskoste vir die watertoegewing sal R 126 633 000 miljoen beloop, wat 28% beloop.
• Ander inkomste wat die Wet op Verdeling van Inkomste toekenning (DORA) verteenwoordig, sal R 119 046 000miljoen beloop wat 26% beloop.
• Die res van die inkomstepoel sal bestaan uit oordragte en subsidies R 30 193 000 miljoen (7%); rente verdien R 15 094 000 miljoen (3%) en lisensies en permitte R 247 000 asook huurgeld van R3 528 000.
WDM se geprojekteerde uitgawes sal R 459 104 177 miljoen wees en word soos volg opgemaak, wat lei tot ‘n begrotingstekort van R6 190 914:
• Werknemerverwante uitgawes sal na verwagting R 231 511 000 miljoen wees, wat 51% van die totale uitgawebydrae verteenwoordig.
• Ander uitgawes wat in die bedryfsbegrotingskedules weerspieël word, sal na verwagting wees R102 932 000 miljoen wat 22% van die totale uitgawebydrae verteenwoordig
• Ander materiale vir die bou van paaie se kapitaalwerke sal na verwagting wees R75 219 000 miljoen wat 16% van die totale uitgawebydrae verteenwoordig
• Gekontrakteerde dienste sal na verwagting R 26 968 000 miljoen wees, wat 6% van die totale uitgawebydrae verteenwoordig.
• Die res van die uitgawepoel bestaan uit waardevermindering en waardedaling; vergoeding van raadslede; finansies; Oordragte en subsidies
Die Burgmeester het alle raadslede bedank vir hul samewerking asook. Hy ook die administratiewe personeel, onder leiding van die Munisipale Bestuurder David Joubert, bedank vir hul kundigheid en wetlike oorsig.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*