Weskus se blomme ‘n groot trekpleister

Weskus se blomme ‘n groot trekpleister

Die Weskus-streek is bekend vir sy pragtige blomme hierdie tyd van die jaar.
Die goeie reënval in Julie vanjaar het bygedra dat vanjaar se blommeprag groter en meer kleurvolle blomme oplewer.
Met die aanvang van die blomseisoen in Augustus het die streek reeds ‘n toename in besoekers gesien wat die toerisme sektor en plaaslike ekonomie ‘n welkome hupstoot gee.
Die toerisme sektor is krities tot plaaslike ekonomiese groei en skep werk aan vele in die Weskus. Die sektor is tans besig om stelselmatig te herstel van die negatiewe impak van die nasionale inperking as gevolg van COVID19.
Gurshell Abrahams, Weskus Toerisme Bestuurder, sê dit is verblydend om te sien dat daar soveel mense die streek besoek. “Die blomseisoen is altyd ‘n besige tyd vir die toerisme sektor in die Weskus.
“Ons wil net al die besoekers herinner dat hulle die COVID-19 regulasies ten alle tye moet eerbiedig” het Abrahams gesê.
Besoekers wat meer inligting oor die blomme wil bekom kan die Weskus Blomlyn by 079 741 0113 skakel.
Weskus Toerisme stel ook ‘n weeklikse verslag op oor waar die mooiste blomme besigtig kan word. Indien jy inligting oor die streek se blomme in elektroniese formaat wil ontvang kan jy registreer op Weskus Toerisme se webtuiste by www.weskustourism.org of rig ‘n epos aan tourism@wcdm.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*