Wiele – Rygenot op sy beste met Nissan se nuwe Navara

Wiele – Rygenot op sy beste met Nissan se nuwe Navara

Nissan spog met ‘n splinternuwe trekpleister. Een met baie gom wat jou behoorlik gaan trek as jy eers een bestuur het.
Dit is die splinternuwe Nissan Navara.
Hierdie bakkie, wat net sowel ‘n werksesel kan wees, as ‘n luukse voertuig om mee rond te ry, word plaaslik in Suid-Afrika vervaardig.
Geen wonder hy sit so lekker op die Suid-Afrikaanse paaie nie.
Die bakkie is indrukwekkend. Dis eintlik sagkens gestel.
Die bakkie beïndruk. Baie en deeglik.
Met perfekte lyne, ‘n voorkoms wat die koppe sal draai, daardie ruwe voorkoms van ‘n ongeslypte diamant, want hy lyk sommer soos ‘n rowwe bulletjie van buite.
Maar maak die deur oop, klim en en jy ontmoet ‘n gesofistikeerde, goed afgewerkte voertuig met al die luukshede waarna jy kan smag.
Die model wat ek gelukkig genoeg was om te bestuur, spog met leersitplekke met stiksels wat dit afrond. Die stiplekke is ook so ontwerp, dat dit ry-moegheid teenwerk. So, jy besef nie eens hoe ver jy gery het, as jy nie op die ritmonitor kyk nie.
Die sitplek is verstelbaar, sodat enige beenlengte gemaklik en gerieflik hul plek kan vind.
Die kontroles op die stuurwiel maak dit veilig, want nooit hoef jy jou hand van die stuurwiel te lig as jy die musiek wil harder maak, of ‘n oproep wil beantwoord nie.
Met ‘n groot-skerm radio, met meer funksies as die meeste slimfone, is hierdie rowwe bulletjie tegnologies gevorderd.
Die oomblik wat jy die aanskakelaar-knoppie druk, hoor jy die sagte brul vanuit die enjinkap.
Hy roep jou eintlik om te gaan ry.
En wat ‘n rit is dit nie.
Of dit nou grondpad of teerpad is, die gerief en gemak is een en dieselfde.
Om elke hoek en draai klou die bande aan die teer.
Die kilometers vlieg verby, sonder dat jy besef hoe ver jy al van die huis af is, want hierdie binneruim is gerieflik.
Baie gerieflik met baie spasie.

Jy kan vir ewig ry, sonder om moeg te word.
As jy krag nodig het, sit net jou voet neer en ‘n ekstra brulletjie ontsnap, die kap sak en jy skiet vorentoe.
Daar is selfs sensors in die kantspieëltjies wat jou waarsku dat daar ‘n voertuig in jou blindekol is.
Sodra jy jou flikkerlig aanskakel en daar is ‘n voertuig in daardie baan, gaan die sirene af om jou te waarsku dat dit nie nou die tyd is vir jou om van baan te verwissel nie.
Gerieflik, genotvol, prettig, kragtig en soveel meer.
As jy op vakansie gaan, is die Navara reg om ‘n karavaan te sleep met sy kragtige onderstel.
Hy beskik ook oor sleepwa-wieg-kontrole, so die bakkie moniteer die beweging van dit wat jy sleep. Dit pas dan weer die remstelsel aan om hierdie beweging te hanteer.
Die dubbelkajuit kan tot 1086kg se gewig dra en vervoer.
As jy lus is om die buitelewe aan te durf, kan jy selfs jou kosbare vrag saamneem vir ‘n bietjie pret in die veld, want die ‘utility track’-sisteem verseker dat al jou speelgoed stewig staan.
Die nuwe Nissan Navara is beskikbaar in ‘n 2.5 liter petrol en ook 2.5 liter turbo-aangedrewe diesel enjin. Die petrol enjin beskik oor 118kw, terwyl die turbo diesel enjin 140kw kan uitskop.
Met helder en duidelike tru-rit-kameras, is dit soveel makliker om die groot bul in en uit klein parkeerplekke te stuur.
Die turbo-laaier hierin maak dat die voertuig in ‘n oogwink reageer as jy wel jou voet neersit.
Jy is ook die heeltyd bewus van wat die voertuig doen met die rit-assistent wat voortdurend die petrolverbruik monitor.
Hierdie Navara is beslis een om vir ‘n toetsrit te neem. Jy sal nie spyt wees nie.
Kontak die vriendelike span van JB’s Nissan vandag om jou toetsrit te bespreek.

PRYSE:
NAVARA 2WD – DOUBLE CAB
NAVARA 2.5D SE 4X2 MT DC – R474 000
NAVARA 2.5D SE 4X2 AT DC – R498 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X2 MT DC – R505 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X2 AT DC – R528 000
NAVARA 2.5D LE 4X2 AT DC – R606 000
NAVARA 2.5D PRO-2X 4X2 AT DC – R686 000
NAVARA 4WD – DOUBLE CAB
NAVARA 2.5D SE 4X4 MT DC – R552 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X4 MT DC – R580 000
NAVARA 2.5D LE 4X4 MT DC – R660 000
NAVARA 2.5D LE 4X4 AT DC – R677 000
NAVARA 2.5D PRO-4X 4X4 AT DC – R740 000
NAVARA 2WD – SINGLE CAB
NAVARA 2.5 Petrol XE 4X2 MT SC – R311 000
NAVARA 2.5D XE 4X2 MT SC – R350 000
NAVARA 2.5D SE 4X2 MT SC – 426 000
NAVARA 2.5D LE 4X2 MT SC – R456 000
NAVARA 4WD – SINGLE CAB
NAVARA 2.5D 4X4 SE MT SC – R492 000
NAVARA 2.5D 4X4 LE MT SC – R527 000

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*