Winetech en Vinpro oor volhoubaarheid in wynbedryf

Winetech en Vinpro oor volhoubaarheid in wynbedryf

Winetech en Vinpro skyn die kollig op volhoubaarheid in die wynbedryf tydens ‘n reeks streeksinligtingsdae van 7 tot 14 September 2021.
GESELS SAAM oor verskeie aspekte van volhoubaarheid, insluitend die ekonomie, klimaatsverandering, beste besproeiingspraktyke, effektiewe spuittoediening en die gebruik van natuurlike predatore.
Die inligtingsdae word vir die eerste keer fisies gehou nadat dit sedert die aanvang van Covid-19 in ‘n webinaarformaat aangebied is. Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke is beskikbaar en streng veiligheidsprotokolle sal deurgaans geld.
Dieselfde program word grotendeels gevolg, en sekere van die dae word in samewerking met die biologiese beheerspesialiste fieldBUGS aangebied.
Onderwerpe:
• Stand van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
• Die wynwêreld se benadering teenoor klimaatsverandering.
•Beste besproeiingspraktyke & gevallestudies.
• Faktore wat doeltreffende spuittoedienings beïnvloed.
• Die gebruik van natuurlike predatore in wingerdbestuur.

Kostes en registrasie
Die bywoningskoste vir die onderskeie streeksinligtingsdae wissel tussen R150 en R250 per persoon. Registreer aanlyn by https://sales.vinpro.co.za/ of kontak Lesley Paulse by 021 276 0429, lesley@vinpro.co.za. Alternatief, sien asb aangeheg registrasie vorm.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*