Winterpromosie nou by Spec-Savers

Winterpromosie nou by Spec-Savers

Spec-Savers Malmesbury bied professionele oogsorg en -produkte teen bekostigbare pryse.
Optometris Keihara Sindhrajh en haar vriendelike span nooi jou uit om ons opwindende Winterpromosie te benut, met jou keuse van ‘n gratis raam ter waarde van tot R1500, óf afslag van tot R1500 op lensverbeteringe, soos Blou Lig-beskerming en Climate Eyes veranderlike tintlense.
Om vir die fantastiese promosie te kwalifiseer, moet jy bloot vir ‘n omvattende oog-ondersoek en ‘n voorskrifraam en -lense betaal.

BLOU LIG-BESKERMING (Lensverbetering)
Spec-Savers se Blou Lig-beskermingslense verminder die skadelike uitwerking van digitale oogstremming wat aangerig word deur die elektroniese skerms van toestelle soos TVs, rekenaars en selfone, en LED-beligting.

Wat is Blou Lig?
Blou Lig is ‘n natuurlike komponent van sigbare lig wat orals voorkom. Die son is verreweg die grootste bron van blou lig, maar dit word ook deur kunsmatige ligbronne soos jou selfoon en rekenaar vrygestel. Blou lig bestaan uit goeie en skadelike blou lig.

Is daar iets soos “goeie” blou lig?
Ja! Goeie blou-turkoois lig verbeter ons gemoedstemming en kognitiewe prestasie. Dit reguleer ons slaap/wakker-siklus, en laat ons wakker, waaksaam en bedrywig voel.

Kan “goeie” blou lig skadelik word?
Ja! Skadelike blou-pers lig word aangedui as die mees skadelike blou lig. Langtermyn blootstelling aan skadelike blou lig kan jou retina permanent beskadig en retinale veroudering bespoedig. Oormatige blootstelling aan skadelike blou lig kan tot oogstremming bydra.

CLIMATE EYES (Lensverbetering)
Ons veranderlike tint, Climate Eyes, bevat bekostigbare lenstegnologie, wat gebruikers die gerief verleen van voorskriflense wat outomaties tussen lig en donker verwissel, na gelang van ligtoestande in die gebruiker se omringende omgewing.
Dit beskerm jou oë teen die son se skadelike UV-strale en is ideaal vir brildraers wat nie gedurig tussen voorskrifbrille en voorskrif-sonbrille wil wissel nie. Climate Eyes word gereken as ‘n prima fotochromiese lens teen ‘n bekostigbare prys.

WINTERPROMOSIE
Benut vandag nog ons Winterpromosie en trek voordeel uit gratis lensverbeteringe ter waarde van tot R1500. En onthou dat jy kan kies om, in plaas van lensverbeteringe, ‘n gratis raam ter waarde van tot R1500 te kry.
Skakel Spec-Savers Malmesbury vandag by 022 482 1181/2 vir ‘n afspraak, of bespreek aanlyn op www.specsavers.co.za.
Spec-Savers – Vir bekostigbare oogsorg en soveel meer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*