Wolmarkverslag met OVK

Wolmarkverslag met OVK

Cape Wools Merino aanwyser styg met 0.9% en 85.7% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools
MARKANALISE
Die 2de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 18 Augustus plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.9% gestyg teenoor die vorige veiling en teen ‘n skoonprys van R167.64/kg gesluit.
Die Australiese EMI het egter met 2.7% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.7% swakker verhandel teen die VSA Doller en het ook 0.9% verswak teen die Euro. Die grootste styging van 1.7% op hierdie veiling, was in die 20.5 mikron segment.
Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Lempriere SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 9 046 bale aangebied, waarvan 85.7% verkoop is.
Op die OVK veiling is 3 718 bale aangebied waarvan 87.2% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R201.90/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 15.9 mikron, uit die skeersel van W Venter, van Victoria-Wes. Die koper was Standard Wool SA.
VOORUITSIGTE
Ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark, het die Suid-Afrikaanse wolmark die week verbeter.
‘n Bydraende faktor tot die verbetering, is die effense verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Die verwagting is dat die mark sywaarts behoort te beweeg in die kort termyn, mits die Rand teen die huidige vlakke bly verhandel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 4.4% hoër, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*