Wyne van Swartland en Darling skitter in jongwynskou

Wyne van Swartland en Darling skitter in jongwynskou

Nege kelders afkomstig uit die Darling en Swartland Wyn van Oorsprong-areas het vanjaar deelgeneem aan die Jongwynskou-kompetisie en het beïndruk met 8 goue, 52 silwer en 24 brons toekennings.
Daarbewenens is ‘n groottotaal van 32 klaswenners aangewys vanuit die goue en silwer toekennings. Hierdie besonderse wyne staan as toonbeeld in hul kategorieë en het in aanmerking gekom vir die onderskeie streekstrofeë, buiten die Groot Kampioen-trofee waarvoor slegs wyne met goue toekennings verkiesbaar gestel is.
Drie nuwe trofee is hierdie jaar tot die plaaslike kompetisie bygevoeg en die Vinventions Kampioen Sauvignon Blanc, Wine Machinery Kampioen Cabernet Sauvignon en Porex SA Kampioen Merlot trofeë is vir die eerste keer uitgedeel.
Volgens Pieter-Niel Rossouw, voorsitter van die Swartland Jongwynkou, word daar vanjaar ‘n klompie veranderinge gemaak om die trofeë wat plaaslik uitgedeel word in lyn te bring met dié trofeë wat by die SA Nasionale Jongwynskou kompetisie gewen kan word. Dit beteken dat daar buiten vir die 3 nuwe trofeë ook ‘n klompie trofeë is wat nuwe name gekry het.
Die Kampioen Droë Wit-trofee en Kampioen Droë Rooi-trofee sal voortaan bekendstaan as die Malmesbury Toyotal Kampioen Droë Wit Versnit-trofee en die Nexus Kampioen Droë Rooi Versnit-trofee. Die Kampioen Skaars Wit en Kampioen Skaars Rooi trofee het ook beide ‘n naamsverandering ondergaan en staan nou bekend as die Enartis Kampioen Ander Wit Kultivar en Santam Landbou Kampioen Ander Rooi Kultivar trofeë.
Die streekskompetisie word deur die Swartland Wyn- & Olyfroete gekoördineer en vorm deel van die plaaslike aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou.
Die Jongwynskou word beskou as ‘n tegniese kompetisie en platform wat aan wingerdboukundiges en wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen die van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets. Die resultate van nuwe tegnieke in die wingerd sowel as in die kelder word so ook gemeet.
“Die wynbedryf is die afgelope tyd deur diep waters, eers ‘n droogte en toe ‘n wêreldwye pandemie wat elkeen sy bepaalde uitdagings meegebring het. Ten spyte van moeilik omstandighede wat daagliks oorbrug moet word, slaag die produsente steeds jaar-op-jaar om spog wyne in die Swartland te produseeer,” sê Pieter-Niel Rossouw, voorsitter van die Swartland Jongwynskou.
Hy skryf dit toe aan die diversiteit van die streek wat strek van die Paardeberg in die Suide, Riebeekvallei in die Ooste, Darling in die Weste en die voet van Piekenierskloof in die Noorde. Volgens Pieter-Niel is die Swartland ‘n gewilde wynproduserende area en betree al hoe meer jong wingerdboukundiges en wynmakers die area op soek na daardie spesiale wingerd en uiteindelik daardie spesiale wyn.

2021- SWARTLAND JONGWYNSKOU TROFEE WENNERS

CJP Chemicals Trofee
Kampioen Chenin Blanc
Darling Cellars
Klas 08:11

Vinventions Trofee
Kampioen Sauvignon Blanc
Darling Cellars
Klas 14:72

Enartis Trofee
Kampioen Ander Wit Kultivar
Pulpit Rock Wines
Klas 12:08 Nouvelle
EN
Darling Cellar
Klas 17:04 Sémillon

Malmesbury Toyota Trofee
Kampioen Droë Wit Versnit
Pulpit Rock Wines
Klas 01:07 Sauvignon Blanc/Chenin Blanc/Nouvelle

WPK/KAAP AGRI Trofee
Kampioen Natuurlike Soetwyn
Darling Cellars
Klas 29:02 Sauvignon Blanc/Grenache

Kobus Basson Trofee
Kampioen Pinotage
Pulpit Rock Wines
Klas 70:22

Kotzé/Steyn Trofee
Kampioen Shiraz
Darling Cellars
Klas 74:19

Porex SA Trofee
Kampioen Merlot
Pulpit Rock Wines
Klas 63:29

Wine Machinery Trofee
Kampioen Cabernet Sauvignon
Darling Cellars
Klas 56:25

Séan Nieuwoudt Trofee
Kampioen Cinsaut
Pulpit Rock Wines
Klas 58:01

Santam Landbou Trofee
Kampioen Ander Rooi Kultivar
Babylon’s Peak
Klas 77:13 Carignan (gehout)

Nexus Trofee
Kampioen Droë Rooi Versnit
Pulpit Rock Wines
Klas 49:09 Cabernet Sauvignon/Merlot/Shiraz

SAIL Trofee
Kampioen Versterkte Wyn
Allesverloren Estate Wines
Klas 84:03 Cape Vintage

ABSA Trofee
Groot Kampioen Pulpit Rock Wines
Klas 63:29 Merlot (gehout)

Vinochem Trofee
vir die 5 Beste Inskrywings
Darling Cellars

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*