Ysterperde vir liefdadigheid

Ysterperde vir liefdadigheid

Die jaarlikse Swartland Charity Biker Braai het verlede naweek op Moorreesburg plaasgevind. Oud tot jonk het die ysterperde geniet in die jaarlikse sametrek. Met hierdie geleentheid word daar ook fondse vir plaaslike instansies ingesamel en vanjaar was geen uitsondering nie. Die groep het ook besoek aan die plaaslike tehuis vir bejaardes afgelê om hul ondersteuning te toon. Die organiseerders bedank elke borg, ondersteuner en donateur wat die dag moontlik gemaak het. Regs is Francois Kitshoff, organiseerder, by Huis van Heerde, waar hulle ‘n aantal kosvoorraad afgegee het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*