De Bron-sentrum vier 21 jaar

De Bron-sentrum vier 21 jaar

Die De Bron-winkelsentrum, in die hartjie van Malmesbury, is beslis een van die sterkste hartkloppe van hierdie dorp.
Met alles wat die sentrum jou bied, is inkopiegangers verseker van gehalte, diens en kwaliteit as hulle hierdie winkels besoek.
Die sentrum vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar, na die eerste huurders in November 2000 amptelik hul intrek in hierdie sentrum geneem het.
Die sentrum is deur die Atterbury Groep ontwikkel en in 2004 deur Amrichprop Real Estate Group aangekoop.
Die sentrum is die tuiste van kettingwinkels, konsessies en ook eenmansake en vennootskappe.
Hier kan jy selfs ‘n medici praktyk vind!
Die sentrum het so in gewildheid gegroei oor die afgelope 21 jaar, dat dit reeds by twee geleenthede vergroot en vernuwe is.
In 2016 is die eerste veranderinge aangebring.
Intussen het die sentrum ook ‘n splinternuwe voorkoms gekry, met talle nuwe winkels wat bygevoeg is.
Die ankerwinkel, Pick n Pay, is een van die staatmakers van die sentrum wat reeds van die begin hier besigheid doen.
Phillips Oogkundiges bied ook ‘n fantastiese promosie aan waar alle kliënte verseker sal wees van een of ander gelukkige prys as hulle hier aanklop en na hulle visie laat omsien.
Die praktyk bestaan ook al dekades en het diep spore getrap in die gemeenskap en is ook vir jare ‘n gewilde aandoenpunt in die sentrum.
KaapAgri se Agrimark is ook ‘n ander groot en gewilde winkel in die sentrum wat daagliks talle kliënte bedien.
Hulle bied nou ook ‘n heerlike bou-promosie aan, so haas jou na Agrimark om al jou boubehoeftes aan te skaf.
Volgens die sentrumbestuur skryf hulle hul sukses toe aan die uitstekende verskeidenheid huurders, voldoende parkering en die gemaklike toegang vanaf alle roetes wat deur die dorp loop, toe.
Die sentrum spog ook met sonpanele, wat dit ekologies verantwoordelik maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*