Plaaslike arts opgewonde oor Covid-inenting

Plaaslike arts opgewonde oor Covid-inenting

Die plaaslike kinderarts, Dr Irma Kruger, is opgewonde oor die koms van ‘n entstof vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaar.
Hierdie groep Suid-Afrikaners kan van vandag af registreer op die aanlynnetwerk en aanmeld vir hul inenting.
“Ek moet sê dat ek regtig opgewonde is dat die tieners nou die inenting kan kry. Die afgelope tyd het ons ‘n paar tieners met COVID gehad wat lank siek was en sukkel met moegheid en sogenaamde lang COVID.”
Volgens Dr Kruger is die newe-effekte vir hierdie groep dieselfde as by volwassenes en sluit die volgende in:
• Pyn / swelling by die inspuitings area – meeste mense kry ‘n seer arm
• Hoofpyn
• Spierpyne
• Gewrigspyne
• Moegheid
• Koue koors
• Koors
• Naarheid
“Die beste is maar om ‘n koue lappie op die arm te sit en die arm te oefen. Verder is dit dan simptomatiese behandeling. Dis belangrik om na die inspuitings genoeg vloeistof in te neem. Raar newe effekte sluit in allergiese reaksies en dit is waarom ‘n mens so 15 minute na de inspuitings moet wag voordat jy kan huis toe gaan.
“In die VSA is daar gevalle gerapporteer van hartspier (miokarditis) en hartsak (pericarditis) inflammasie in seuns van 16 jaar en ouer. Ons weet nog baie min hiervan en daar word tans ondersoek hierna ingestel. Dit is belangrik dat die tieners die inenting kry, sodat die skool normaal kan voortgaan, tieners kan terugkeer na sport en ook ‘n meer sosiale lewe kan begin lei.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*